Wednesday 19 October 2016

'n Teepot is nie net vir tee nie


Ek weet 'n teepot is eintlik daar om 'n lekker pot boeretroos in te maak saam met 'n stuk koek of 'n komkommer broodjie, maar nee nie vir my nie. Vir my is 'n teepot sommer 'n blompot.

Ek het hierdie oulike teepot as 'n geskenk gekry 'n paar jaar terug, maar ek het nooit die behoefte gehad om actually tee in hom te maak nie, ek wou hom nie net in die kas los nie, want dis net te cute en toe besluit ek om maar 'n blom in te sit. Ek het 'n hele paar van daai fake daisies by Mr Price Home gekoop 'n ruk terug en hulle werk vir my.

Ek is nie rerig een wat sommer nagemaakte blomme koop nie, maar vir een of ander rede is daai daisies vir my oulik - ek weet dis nie vir almal. Soms sit ek mooi vars blomme in of 'n handjievol fynbos.

Dis sommer net 'n oulike idee as jy ook soos ek nie jou teepot vir tee gebruik nie. Hierdie pot staan in 'n vensterbank in my kombuis en dit kikker sommer die plek op.

Dankie vir die saam lees, julle hoor weer van my!

No comments:

Post a Comment