Wednesday 16 November 2016

Oulike manier om 'n vertrek op te doilie - pun intended


Ongelukkig as tiener was ek nooit lus om te leer as my ma naaldwerk gedoen het nie. Nou op 25 wil ek so graag vlaggies, rokkies, gordynes ens. maak, maar ek kan basies net 'n knoop vaswerk en 'n gaatjiie op 'n broek toe werk en that's about it.

Ek is mal oor vlaggies - binne en buite die huis - ek voel dit kikker rerig 'n vertrek op en gee dit 'n homey vibe. Daar is een venster in my sitkamer wat vir my al die heel jaar bietjie vaal lyk. Ek het nie nog materiaal vlaggies om daar te hang nie en ook nie lus om nou 'n plaas se prys vir vlaggies in 'n winkel te gaan betaal nie. En toe onthou ek die papier doilie idee wat ek een keer op Pinterest gesien het en my liewe moeder het my ook al daarvan vertel.

Dis so maklik, vinnig en lyk vir my so oulik. Al wat jy nodig het is dun tou en 'n pak doilies - ek koop myne by Crazy Store. Meet sommer so met jou vryhand hoe baie jy gaan nodig he en dan vou jy hulle netjies. Ek plak hulle vas met gom net om seker te maak hulle waai nie weg nie. Dit gaan jou letterlik tien minute vat.

So, as jy ook soos ek 'n vaal venster het en nie kan naaldwerk doen nie - gebruik hierdie idee. As jy nou rerig wil oulik wees kan jy 'n klomp fotos met klein wasgoedpennetjies daaraan vaspen.



Wednesday 9 November 2016

Vinnige, maklike en lekker ontbyt



Ek en 'n vriendin het in hierdie week gesels oor hoe gatvol ons vir ons boring ontbyt deesdae is. Dis of gekookte eiers, oats of weetbix. Sy gee my toe die idee om te begin smoothies maak in die oggende, ek het al voorheen smoothies gemaak, maar vir een of ander rede het dit altyd gross uitgekom. Ek dink nie ek het die regte vrugte gebruik nie.

Die ander ding is jy moet 'n blender he, as jy nie een het nie - spaar en gaan koop een, dis die moeite werd. Ek gebruik myne vir sop ook.

Inelkgeval, so daar het 'n Food Lovers in Jeffreys oopgemaak 'n week terug en ek het gehoop ek vang nog 'n paar specials. Daai trollie van my was kleurvol van al die vrugte en ek was reg vir my smoothie smaak sessie! Wat 'n sukses.

Dis die lekkerste ding onder die son, ek wil nou niks anders meer in die oggend eet nie. Dis lekker, vinnig om te maak en baie verfrissend. Ek het so paar uit probeer, maar my gunsteling was die piesang en gemmer smoothie (die resep is hieronder).

So, as jy ook soos ek en my vriendin gatvol is vir jou ou gewone ontbytjie, gaan koop vir jou 'n paar vrugte en groente en blend 'n ding raak. Daar is honderde lekker resepte om van te kies op Google.

Lekker smoothies maak!

Piesang en gemmer smoothie

1 piesang
4 aarbeie (net as jy wil)
180ml vanilla jogurt
1 tbsp heuning
1 tsp gemmer


Wednesday 2 November 2016

Maak jou eie vintage papier blomme


Die afgelope paar maande hou ek myself besig met die mooi blomme. Ek maak dit vir 'n baie spesiale troue in Desember, maar dis al wat ek gaan se - ek wil niks verklap nie.

Ek het 'n Youtube tutorial gekyk en van daar af het die vou werk begin. Dis nie so ingewikkeld soos dit lyk nie, maar jy moet baie tyd op jou hande he en jy moet weet jy gaan baie vou.

Ek gaan vir julle stap vir stap wys hoe om die blomme te maak en ek gaan probeer om dit so maklik as moontlik te verduidelik.

Jy gaan die volgende nodig he:
* sker
* ou boek papier - jy kan dit by enige tweedehandse winkel koop
* wasgoedpennetjies
* gom
* knopies van jou keuse
* sosatie stokkies


                                                                         Stap 1
                               Vou die eenkant van jou papier na bo, soos jy hier onder sien.


                                                                          Stap 2
                               Sny die res van die papier af sodat dit in 'n driehoekige vorm is.

                              


Stap 3
Vou die een punt van die papier na bo en doen dieselfde met die ander punt. Dit sal nou 'n vierkant vorm.


                                




                                                                         Stap 4
                                Vou nou altwee punte na buite sodat dit lyk soos hieronder.



                                                                        Stap 5
                                  Vorm 'n holte in die punte van die papier en druk dit plat.




                                                                                                                                                                                     
Stap 6
Vou nou die punte van die papier om.


Stap 7
Vou nou weer die twee punte na binne.


Smeer gom aan die een deel van die papier en plak dit aanmekaar vas.


 Dit behoort nou so te lyk.


Gebruik jou wasgoedpennetjies om seker te maak alles plak mooi aanmekaar vas en sit dit eenkant om droog te word.


Jy gaan die proses vyf keer moet herhaal. Op die ou einde gaan jy vyf dele aanmekaar vasplak wat dan een groot blom gaan vorm. Plak dan 'n knopie in die middel om dit ekstra mooi te laat lyk.
Druk na die tyd die sosatie stokkie versigtig in. Maak seker alles is mooi droog.