Wednesday 16 November 2016

Oulike manier om 'n vertrek op te doilie - pun intended


Ongelukkig as tiener was ek nooit lus om te leer as my ma naaldwerk gedoen het nie. Nou op 25 wil ek so graag vlaggies, rokkies, gordynes ens. maak, maar ek kan basies net 'n knoop vaswerk en 'n gaatjiie op 'n broek toe werk en that's about it.

Ek is mal oor vlaggies - binne en buite die huis - ek voel dit kikker rerig 'n vertrek op en gee dit 'n homey vibe. Daar is een venster in my sitkamer wat vir my al die heel jaar bietjie vaal lyk. Ek het nie nog materiaal vlaggies om daar te hang nie en ook nie lus om nou 'n plaas se prys vir vlaggies in 'n winkel te gaan betaal nie. En toe onthou ek die papier doilie idee wat ek een keer op Pinterest gesien het en my liewe moeder het my ook al daarvan vertel.

Dis so maklik, vinnig en lyk vir my so oulik. Al wat jy nodig het is dun tou en 'n pak doilies - ek koop myne by Crazy Store. Meet sommer so met jou vryhand hoe baie jy gaan nodig he en dan vou jy hulle netjies. Ek plak hulle vas met gom net om seker te maak hulle waai nie weg nie. Dit gaan jou letterlik tien minute vat.

So, as jy ook soos ek 'n vaal venster het en nie kan naaldwerk doen nie - gebruik hierdie idee. As jy nou rerig wil oulik wees kan jy 'n klomp fotos met klein wasgoedpennetjies daaraan vaspen.



No comments:

Post a Comment