Wednesday 9 November 2016

Vinnige, maklike en lekker ontbyt



Ek en 'n vriendin het in hierdie week gesels oor hoe gatvol ons vir ons boring ontbyt deesdae is. Dis of gekookte eiers, oats of weetbix. Sy gee my toe die idee om te begin smoothies maak in die oggende, ek het al voorheen smoothies gemaak, maar vir een of ander rede het dit altyd gross uitgekom. Ek dink nie ek het die regte vrugte gebruik nie.

Die ander ding is jy moet 'n blender he, as jy nie een het nie - spaar en gaan koop een, dis die moeite werd. Ek gebruik myne vir sop ook.

Inelkgeval, so daar het 'n Food Lovers in Jeffreys oopgemaak 'n week terug en ek het gehoop ek vang nog 'n paar specials. Daai trollie van my was kleurvol van al die vrugte en ek was reg vir my smoothie smaak sessie! Wat 'n sukses.

Dis die lekkerste ding onder die son, ek wil nou niks anders meer in die oggend eet nie. Dis lekker, vinnig om te maak en baie verfrissend. Ek het so paar uit probeer, maar my gunsteling was die piesang en gemmer smoothie (die resep is hieronder).

So, as jy ook soos ek en my vriendin gatvol is vir jou ou gewone ontbytjie, gaan koop vir jou 'n paar vrugte en groente en blend 'n ding raak. Daar is honderde lekker resepte om van te kies op Google.

Lekker smoothies maak!

Piesang en gemmer smoothie

1 piesang
4 aarbeie (net as jy wil)
180ml vanilla jogurt
1 tbsp heuning
1 tsp gemmer


2 comments:

  1. Lyk verruklik Lia! Die girls hou deesdae baie van smoothies, so die ene gaan ons sommer gou probeer. xx

    ReplyDelete
  2. Hehe lyk so yummy sal def volgende keur probeer!!!!

    ReplyDelete