Ek wil graag bietjie gesels oor my vier-been kinders wat ek so lief het. Ek was van kleins af lief vir diere, maar die tipe liefde wat ek vir hierdie honde het is next level. Hulle vorm deel van my daaglikse lewe - so hoekom sal ek dan nou nie oor hulle 'n ou ietsie skryf nie?
Ons het altyd op skool honde gehad, maar dis iets helemal anders as jy jou eie honde het wat jy self grootmaak.
Ontmoet vir Daisy. Almal weet al sy is my oogappel, bloot oor die feit dat sy MY heel eerste hondjie was wat ek self groot gemaak het. Sy was die mooiste klein bondeltjie toe ons haar gekry het en nou lyk sy soos 'n stok ou ouma op drie. Sy het die mooiste hart, sy dink sy is 'n tier en sy is die jaloerste van almal, maar ek sal haar vir niks verruil nie. Sy is mooi van lelik met 'n hart van goud.
Hierdie is Simba, my liefling hond. Ons het hom so maand na Daisy gekry, hy was baie mishandel toe hy klein was en 'n vriendin van pa het hom gaan red uit 'n baie slegte situasies. Ons het hom ingeneem en met baie liefde en aandag het hy in 'n baie oulike hond verander, alhoewel hy nogsteeds maar skrikkerig is, veral vir mans, is hy tien keer beter as toe ons hom gekry het. Ek noem hom die dokter, as een van die ander honde 'n seerplekkie het le hy altyd langs hulle en lek daai plekkie totdat dit gesond is.
Hy en Daisy het toe verlief geraak, liefde gemaak en toe is Rosy gebore...
Sy het defnitief haar looks by haar pa gekry. Ou Rosy, sy het die mooiste gesindheid en ek noem haar die vrede maker. So lekker vet en fluffy soos wat sy is, kry mens haar dood eenvoudig net nie om te cuddle nie. Sy swaai heeltyd haar lyf rond en sy kan actually glimlag en tande wys - die oulikste ding om te sien.
En toe kry ons vir Boesman. Hy is 'n Belgian Malinois, ek was altyd bang vir die tipe honde, maar Boesman het my siening totaal en al verander. Francois het groot geword met German Sheppards en het my heeltyd gesmeek om so een te kry. Dit was so twee jaar terug toe hy my een middag bel en se hy het nog 'n hond gekry - ek het rerig gedink hy maak joke, toe kom hy en Boesman by die huis aan...ek was nie n happy camper nie, maar na 24 uur was ek lief vir hom. Hy het 'n groot hart, hy is baie slim en hy is die beste waghond.
En hierdie is liewe Lilly, die enigste en bederfste kat van die van Zyl gesin. Kyk, ek het nooit van katte gehou nie. Ek het gedink hulle is lui met geen persoonlikheid nie en ek moet bieg ek was ook bietjie bang vir hulle. Baie mense het ons raad gegee en gese dat dit goed is om 'n kat op 'n plaas te he omdat hulle die muise, rotte en slange vang. Ek het toe maar ingestem en toe ons vir klein Lilly op vier weke kry was ek dadelik verlief op haar, en sy het my hele opinie oor katte verander. Sy het swag, attitude en die coolste persoonlikheid. Sy hou ons almal op ons tone en sy en Daisy is beste maats. Sy volg my orals rond en ek kan nie dink dat ek so lief vir haar kon word nie.
So daar is hulle almal, die een stouter as die ander, maar ek kan vandag nie my lewe sonder hulle in dink nie!
No comments:
Post a Comment